Wednesday 7 February 2018

Teen die muur vas ....

Vandag is so droewig buite en soos dit ook nou maar altyd gaan is dit een van die dae wat ek met my rug teen die muur staan en my kop in die sand... die moeilikste is seker om n ouer te wees en moet voel dat jy konstante opofferings maak om hul gelukkig te sien maar waarom is dit dan so maklik vir sommige ouers om net beloftes aan hul kinders te maak en net volkome nie na te kom nie ? Die situasie is n riem onder my hart en skeur my in stukke .. jou luis skaam jou !!! Hoe kan jy vir jou kinders leer dat dit reg is om n belofte te verbreek en oneerlik te wees. Hoe slaap jy in die nag ??

Tuesday 18 April 2017

Helloooo Vrydag ....

Dis Vrydag .... yeeeaaahh !!!!

Almal gewoonlik vrolik veral as jy nie op n naweek hoef te werk nie ....

Lekker om te lewe ....

So skielik n gedagte in my opgekom oppad werk toe vanoggend ..... verkeer soos gewoonlik "hectic" ! maar dit kan my nie van koers af kry nie !

Genade gawes ....

God se genade is SO GROOT ! Sy beloftes bly getrou en HY is altyd op tyd !!

Hierdie woorde is so waar en ek kan dit oor en oor in my gedagtes afspeel !

Wednesday 15 March 2017

Gedagtes .....

Mammie se verjaarsdag kom ook nader 19 Maart en ek voel dit begin reeds knaag - my gevoel sal altyd wees - " Mommy's sun set whilst it was still day time ..."

Ons het nog soveel tyd nodig gehad om op te vang, ma en dogter te wees.  Lesse te leer, saam te lag, te huil en sommer net nog n Vrydagaand die ou musiek te luister en te dink aan vroer jare se dinge en mense wat ons reis gedeel het....

Dis asof die lewe net aangaan en ons staan nooit bietjie stil en dink aan al die dinge wat ons lewensreis geraak het nie... hoeveel keer doen ons moeite om mense te sien bv. ou vriende ? familie ? Dit gebeur gewoonlik net op begrafnisse en troues - of indien jy natuurlik n uitnodiging kry ..... ek is self skuldig hieraan en naweke maak jy net tyd vir jou gesin aangesien jy maar weeksdae werk en dan net genoeg tyd het om almal te voed in die aande en die nodige agter die rug te kry ...





Mosterdsaad in my .....

Dis so waar dat die lied van Manne wat Glo - my regop hou .... Genade was dit nie vir die mosterdsaad in my -  sou ek lankal nie meer staande gebly het nie ....

Genade van Bo ! Jesus dankie vir die voorreg - die mense in ons lewens, die liedjies, die genade gawes wat ons so mildelik ontvang uit U Hand om die reis makliker te maak ...

Mense wat saam ons die pad stap hetsy dit tydelik is of meer permanent, dalk net sodat ons hul reis makliker kan maak - sal nooit weet maar dit is n gawe !
   

                       xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Almal het n storie om te vertel en myne net soos ander vol goed en sleg. Dinge wat ons berou en tye waar ons die wiel graag sou wou terugdraai ...  Ek is n voorstaander om te se dat dit nie is hoe jy val nie maar wel hoe jy opstaan ! So staan op skud jou vere reg die nuwe dag het reeds begin !!!

Thursday 9 March 2017

Welkom 2017 ...

Eerste inskrywing vir 2017 .... n Nuwe Jaar... n Nuwe Probeerslag .... n Nuwe Begin .... als voel nuut .......soos nog n nuwe vars kans om daardie sukses te bereik, nog n bladsy van jou lewensboek te skryf ....

Sjoe die jare gaan so gou verby en ons word ouer maar gelukkig wyser ... (dankie tog!) Van my lewenslesse wil ek asb nie herhaal nie ek sal luister !!! hehehe

Kids Wow WAT N ONDERVINDING !! Dis n moet in elke mens se lewe - blessing ! genade gawe .... soms gaan dit rof maar dan weer maak die liefde, jou bloed wat in daardie are vloei ... sjoe - dit maak als die moeite werd... dis asof jou hart vinniger klop ... die liefde vir daardie wesens is onbeskryflik van die eerste oomblik wat hul in jou arms geplaas word.

My seuns al groot maar bly steeds my babas - Devon - 16 Jaar en Aiden - 12 jaar wat n perfekte kombinasie ... ek is so bevoorreg om te kan se dis my seuns - die respek vir ander, die nederigheid en die barmhartigheid wat hul uitstraal laat my borrel van vreugde .... Dankie Jesus vir die seeninge ... dis voorwaardelik my Grootste Geskenk !