Wednesday 14 September 2016

Gedagtes

Vanoggend opgestaan met swaar gemoed, die weer is kil en koud..kinderstemme weergalm in die gang en ou Tom fluit te vrolik. Besef weereens maak nie saak hoe jou gemoed voel .. die lewe gaan aan en staan nie stil, al wil ons net soms "DIE WERELD STOP EN LAAT STILSTAAN" vir so klein rukkie ....

Soveel dinge het die afgelope paar maande gebeur maar dis asof ons almal net in eerste aangaan en nooit van ratte verander nie...gejaag en verder gejaag ...

Al wat ek besef is dat als gebeur op Sy tyd. Soms verstaan jy nie op daardie oomblik nie maar later word die prentjie duideliker. My Pappa Vader is amazing en Hy kyk altyd vooruit om seker te maak dat jy wel die struikelblokke op jou pad kan hanteer want dit is deel van die groter prentjie ....

Monday 12 September 2016

Mammie ...

Die steen opgesit in November te nagedagtenis aan my Mammie met my gunsteling bybelvers 1 Korintiers oor die liefde..

Eerste Kersfees sonder Mammie... eerste Moedersdag .... eerste Mammie se verjaarsdag .... dan n jaar na Mammie se afsterwe hierdie is almal moeilike dae .. dan dink eknie eers aan my verjaardae nie want my mammie was altyd die eerste om n boodskap op facebook te los....
Die verlies van n geliefde is verseker nie maklik dit is teer vir n baie laaaang tyd....... tyd sal seker genees maar die herhinneringe sal altyd staande bly !!!

Die finale groet ...

Mammie was Saterdag so gelukkig en opgewonde siende dat ek elke dag vir haar kos gevat het, het ek gevra wat sy die Sondag wou eet.. sy het gese omkrulvleis (shin) die naam wat ek my gunsteling vleis gedoop het as kind, met basmati rys, groente en kool gestoom op die vleis...  ek moes ook skoon nagklere bring siende dat sy geskeduleer was om Maandag oggend vir n volledige skandering sou gaan na Johannesburg hospitaal.

Ons het Sondag teruggegaan hopsitaal toe met die beloofde bordjie omkrulvleis ete en die mooiste sagste dogtertjie pienk nagklere wat ek die oggend in die winkels kon koop ... maar Mammie was baie siek.. sy het bloed uitgebring.. in die uur besoek moes ek 3 maal haar doek ruil  ek het besef sy was baie siek! Sy het nie eers aan my kos geraak nie en wou ook nie die mooi nagklere aantrek nie sy het gese sy wil nie daarop mors nie ...

Met die tyd wat dit gekom het om te groet het sy vir my gese "meid jy moet bid Mammie kan nie meer" hierdie woorde alleen het my bevestiging gegee dat my Mammie gereed was om Ons Skepper te ontmoet! Ek heg haar gesoen en vertel hoe lief ek haar het en dat moet weet God is daar om haar hand styf vas te hou sy moet kalm wees Hy is daar !

Ek is huistoe met die kalmte en wete dat sy nie alleen is nie en ek het op daardie stadium geweet dit was my  laaste groet aan n lewende Mammie .. ek het my broer geskakel om ook asb vir Mammie te gaan sien want sy het hom Donderdag laas gesien.  Ek het gedoen wat Mammie gevra het en heelnag met my Pappa Vader gepraat. Die nag was ek baie wakker en sommer 4 uur opgestaan en gestort. Ek het geweet daardie Maandag gaan my gebed verhoor word. Dit was   kwessie van tyd, God se tyd is nie ons tyd nie maar ek het geweet daardie tyd is naby. Oppad werk toe om 5:45 het hospitaal my geskakel en gese dit gaan nie goed en ek moet maar op bystand wees om hospitaal toe te kom as hul skakel.. een van my gunsteling liedjies "mostertsaad" was op herhaling in die motor en ek het met my Pappa begin praat vir kalmte in my gemoed... ek het my broer en Pa geskakel met selle nuus en almal was op bystand ...

Ek het skaars by werk gestop en eerste koffie gemaak toe hospitaal skakel en se ek moet onmiddelik deurkom.. my broer was gelukkig reeds oppad en pa was in verkeer. Andre sterk oppad vanaf Pretoria ...
By hospitaal aangekom en my broer het my hakskoene op die vloer herken en geskree "heidi kom gou" ek het sy stem gevolg na waar my Mammie in die hoek van die saal geskuif is met gordyne wat toegetrek is... ek het die gordyn oopgetrek en daar gee Mammie haar laaste asemteug .... laaste laaste keer wat daardie longe gevul was met suurstof ...haar stem is nou verewig stil ....

Die suster wat kort op my hakke was het my kans gegee om te groet en gese neem soveel tyd as jy wil.. ek het gevra dat hul die maskers afhaal en haar mooi toemaak en dit was my laaste sien aan die vrou wat aan my lewe geskenk het ... en op njong ouderdom haar lewe verloor het ...

Daarna het reelings gekom en Mammie se diens was die opvolgende Vrydag 4 Julie 2015... te Lighuis Gemeente. . N stampvol kerk soos sy nog altyd wou gehad het was daar om te groet en ons seer te deel... Rus in vrede Mammie dankie weereens vir lewenslesse en die feit dat ek goeie waardes kon leer en identifiseer. Dankie vir die fondasie wat my gevorm het, die empatie, genade en menslikheid wat ek geleer het, die goedhartigheid om altyd te wil help waar ek kan, die liefde wat ek kan gee en bowenal vir die feit dat ek my God ken en vertrou, weet dat Hy lewend is !!

Friday 9 September 2016

Uiteindelik die moed ....

Soveel kere wil ek skryf oor die onderwerp maar dan stop ek, die wonde le nog so vlak dit voel of die bloed gaan uitsypel as ek net aand die woord "Mammie" dink..... die uitdagings wat ons beleef het as gesin en familie gedurende haar siekbed is beslis nie dieselfde as die verlange wat ek nou het nie en ek is seker die leemte wat sy gelos het raak andere om my ook.  As ek dink aan haar siekbed en my gesprekke met God. Die smeking na genesing wat die vooraand van haar afsterwe verander het in smeking na verlossing...
Mammie se laaste paar maande was bitter, kwaad vir die wereld en telkemale was na myverwys as Pastoor... ai tog sy was so seer en het alle hoop en geloof verloor toe sy hoor dat sy net 6 maande het om te leef en op daardie stadium was ons al in November wat meen daar is net 2 maande oor..... dit was n baie groot skok vir haar en ek sal haar nooit kwalik neem ... ek weet beslis nie hoe ek dit sal hanteer as ek in haar situasie geplaas word nie. Sommiges hanteer dit positief en dan ander laat toe dat die duiwel sy plek inneem met sy wraak gedagtes.... Negatiwiteit, bitterheid, afjakkerig, ondanbaar, rebels, wil nie eet, wil nie bad daardie vase was baie moeilik vir almal ... shame en asjy mooi praat en wil bid dan moet jy Pastoor haar uitlos... gelukkig het my ouers my grootgemaak met baie geduld en empatie so dit pad was moeilik maar my padwyser Pappa Vader het my staande gehou tot die bittereinde...

Net een dag in al hierdie tyd het ek uitmekaargeval dit was so 3 weke voor Mammie se afsterwe waar sy geskakel het en gese ek moet dringend huistoe kom... ek het gejaag van klient in Wadeville en aanhoudend probeer skakel sy het nie haar foon geantwoord ..... ek was  atuurlik n stresvles al die pad huistoe en nie helder gedink van bekommernis wat op my wag as ek by huis sou kom nie. ?. Ek het buite woonstel geroep en sy het geantwoord maar ook gese sy is nie lus om op te staan en vir my ooo te sluit nie. Dis die eerste keer wat ekmy "cool" verloor het met my ma ooit!
My woorde was Mammie ek bid nie vandag vir genesing nie maar dat God ma se hart sal sag maak om te sien hoeveel liefde en genade is rondom ons .... my trane het gevloei soos die victoria valle se strome oor my wange.. daardie dag het ek vir die eerste keer besef hoe moeg ek was ....

Maar soos Heidi is het sy maar weer aangegaan, aanhou glo aanhou vertrou eending verseker Ek aanbid n Lewende God en Hy het my nog nooit van sy skouers afgetel nie. Hy is nog altyd by my. My vertroos, my bewaar, my beskerm en so gaan die lys aan en aan ....

Die eerste keer wat ek my ma verstaan het in al die jare wat ek haar ken was die Vrydag voor haar afsterwe eenvan die beste middae wat ek by haar was. In daardie kort tydjie het sy vir my n antwoord gegee wat ek jare na gesoek,  gehunker het! Haar woorde was my meid ek was nog nooit bekommerd oor jou want ek het altyd geweet jy sal ok wees. Vir jare het ek geleef met n wete dat my ma my broer die liefste gehad het en dit was soms n teer saak maar na daardie middag het daardie woorde al die jare se wonde gesond gemaak en ek was in die wolke omrede ek n antwoord gekry het waarvoor ek vir jare reeds gewag het ! My Mammie het my ook Lief ! Wow dis awesome alle eer aan God wat deur haar gewerk het om vir my, sy kind se hart stil te maak in 37 jaar.