Wednesday 15 March 2017

Mosterdsaad in my .....

Dis so waar dat die lied van Manne wat Glo - my regop hou .... Genade was dit nie vir die mosterdsaad in my -  sou ek lankal nie meer staande gebly het nie ....

Genade van Bo ! Jesus dankie vir die voorreg - die mense in ons lewens, die liedjies, die genade gawes wat ons so mildelik ontvang uit U Hand om die reis makliker te maak ...

Mense wat saam ons die pad stap hetsy dit tydelik is of meer permanent, dalk net sodat ons hul reis makliker kan maak - sal nooit weet maar dit is n gawe !
   

                       xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Almal het n storie om te vertel en myne net soos ander vol goed en sleg. Dinge wat ons berou en tye waar ons die wiel graag sou wou terugdraai ...  Ek is n voorstaander om te se dat dit nie is hoe jy val nie maar wel hoe jy opstaan ! So staan op skud jou vere reg die nuwe dag het reeds begin !!!

No comments:

Post a Comment