Wednesday 31 August 2016

gedagte vir die dag ...

Life is only travelled once, Today's moment becomes Tomorrow's memory. Enjoy every moment Good or bad because the gift of life is Life itself....

Tuesday 30 August 2016

Sterrediamant

Thursday, August 28, 2014

Sterrediamant

Sit vanoggend en luister na die liedjie "Jy is n Sterre diamant" en my brein werk alweer oortyd. Hierdie sinvolle liefdeslied met sy treffende woorde wat aan die hartsnare raak. Mens is soms so broos van bitterheid, kommer, hartseer en onsekerheid dan kom hierdie mooi woorde en gee weer hoop. Bring weer n liggie wat uit die donker na vore kom. My lewe was vol uitdagings die afgelope 2 jaar en dit was die een groot slag op n ander.....Soms makliker om te verwerk en ander kere ongelooflik seer ....     2014 het afgeskop met groot verwagtinge.... 25 Maart Oupa Jimmy gegroet. Sy aardse plekkie verruil vir n ewige vrede in die Hemel by Ons Pappa Vader.  Die jaar het verbygesnel en my verjaarsdag het aangebreek .... ek word in werklikheid teruggeruk toe ek saam my Mammie die dag by Johannesburg Algemene Hospitaal se kanker afdeling sit en n groep jong kinders deel vir ons sop, helderpienk cupcakes en n lemoen uit ter viering van Madiba se verjaarsdag.  My ma se operasie word geskeduleer vir einde van Julie.  Die dag breek aan en sy verlaat die huis met groot opwagting want sy gaan mos nou mooi gesond terugkom sonder die massiewe gewas wat haar beroof van lewensvreugde. My hart trek swaar om te groet die oggend en ek voel skielik tranerig minwetend dat die trane net die begin is van strome wat nog gaan vloei. Hul stoot haar uit teater 8 ure later en die massiewe gewas is steeds duidelik sigbaar. JOU BINNESTE RUK EN JY WEET DA IS FOUT!!! GROOT FOUT !!!!! Drs het verdwyn en dis een van die langste nagte in my lewe. Die duiwel sit mos nou gemaklik op my skouer en voed my eens positiewe denke met pyn en hartseer.... Die volgende dag afspraak met Spesialis..... ek besef nou my grootste vrese het waargeword ek is STUKKEND!! In flardes na die gesprek en moet nou my Mammie in die oe kyk en se als is ok. Ek stap in by saal en ha eerste woorde is "Gaan ek dood ?" Ek sluk swaar en se " nie vandag nie Mammie maar eendag sal ons almal sterwe" ek dank my Pappa vir die woorde wat Hy uit my mond laat kom het want my woorde was op en ek was nog besig om myself bymekaar te maak na die gesprek met Spesialis. Ek wil net alleen wees ... my eie denke verwerk en skoonkry.....                                                            Jy bevind jouself waar jy onnodige vrae vra maar op daardie stadium is jou denke nie jou eie. Jy baklei en worstel met jou innerlike. Ek ry in my motor en baklei en snik so hard dat die mense in motors langs my vir my kyk asof hul my in Weskoppies wil inboek. Jy kom dan tuis en moet nou vinnig jouself wat in stukke rondle bymekaar maak om die kinders met liefde te groet en voor te gee dat als goed gaan wees...als gaan wees soos jou vooruitsigte van so paar dae gelede..... Dis moeilik om jou pa te vertel en dit weg te steek vir haar en almal wat haar liefhet. Ek kry swaar en druk word meer en meer...          My Pappa Vader gee my elke dag nuwe krag om steeds voor te gaan en al die balle in die lug te hou want jy kan mos nou nie een laat val dan is als wat jy na strewe vergete....... dis n maand later en ek voel sterker en positief want ek weet my Pa is die Koning en Hy ken my hartsbegeertes!!!!AMEN EN AMEN Dankie Jesus vir die twee rye voetspore wat net EEN geword het want ek weet U dra my deur !!!!!!

Bonsai Boom

Wednesday, August 8, 2012


Bonsai Boom

Wees soos n bonsai boom, kleurvol, stylvol en gaan nie dood van die snoei nie.Word oud en lyk net mooier en beter. God, die lewe stel soms geweldige seer hoe eise aan my, die mense behandel my so onregverdig en selfsugtig. Die mense om my kan soms so ondakbaar wees vir my moeite en liefdesdade.
Tog bly ek groei en word net mooier en sterker. My kleure verdiep net.

Die seer laat baie vrae..... hoekom dit met my moet gebeur >, vrae van ontnugtering en seer val my gedagtes aan, en soek na antwoorde. Tog weet ek dis die snoeisker van die lewe, ek moet net uithou en aanhou, ek gaan beslis sterker en mooier word met tyd !
Ek verloor soms my vertroue en respek vir my medemens/geliefdes dan vra ek weer maar "Hoekom moet dit so wees?" Ek raak soms die teleurgestel in my lewensmaat se optredes, of my kind, of n vriend / vriendin. Ek struikel om liefdevol te bly, omdat ek so stil-stil in my stryd stry teen die seer.

Vandag wil ek sommer net by U kom rus en vra dat U my die regte pad sal wys. Help my net om te weet wat vir U belangrik is vir my lewe, en wat vir myself moet belangrik wees vir my lewe. Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe, en leer my om sommer net U kind te wees.

Staan ook stil by elke geliefde van my, n kind, of n vriend/ vriendin van my , ek raak soms weggevoer in my besige lewe, dat ek byna nooit tyd kry om net vir hulle te se hoe baie ek hul waardeer!

Heer, maak my soos n bonsai boom. Ek wil mooier lyk, met meer karakter kenmerke as gister !!!!

Bonsai Boom

Wednesday, August 8, 2012


Bonsai Boom

Wees soos n bonsai boom, kleurvol, stylvol en gaan nie dood van die snoei nie.Word oud en lyk net mooier en beter. God, die lewe stel soms geweldige seer hoe eise aan my, die mense behandel my so onregverdig en selfsugtig. Die mense om my kan soms so ondakbaar wees vir my moeite en liefdesdade.
Tog bly ek groei en word net mooier en sterker. My kleure verdiep net.

Die seer laat baie vrae..... hoekom dit met my moet gebeur >, vrae van ontnugtering en seer val my gedagtes aan, en soek na antwoorde. Tog weet ek dis die snoeisker van die lewe, ek moet net uithou en aanhou, ek gaan beslis sterker en mooier word met tyd !
Ek verloor soms my vertroue en respek vir my medemens/geliefdes dan vra ek weer maar "Hoekom moet dit so wees?" Ek raak soms die teleurgestel in my lewensmaat se optredes, of my kind, of n vriend / vriendin. Ek struikel om liefdevol te bly, omdat ek so stil-stil in my stryd stry teen die seer.

Vandag wil ek sommer net by U kom rus en vra dat U my die regte pad sal wys. Help my net om te weet wat vir U belangrik is vir my lewe, en wat vir myself moet belangrik wees vir my lewe. Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe, en leer my om sommer net U kind te wees.

Staan ook stil by elke geliefde van my, n kind, of n vriend/ vriendin van my , ek raak soms weggevoer in my besige lewe, dat ek byna nooit tyd kry om net vir hulle te se hoe baie ek hul waardeer!

Heer, maak my soos n bonsai boom. Ek wil mooier lyk, met meer karakter kenmerke as gister !!!!

God se kaalvoet meisiekind ...

Thursday, August 2, 2012

Ek IS God se kaalvoet meisiekind ......

Soms wonder mens waar het dit verkeerd geloop . . .
Ek het haar op 'n dag gesoek
Skielik besef sy's weg . . .
Maar hoe en waar en wanneer ? Ek het dan belowe ek sal haar nooit vergeet . . .
Nooit teleurstel . . .
Ek't haar belowe ek sal No Matter what . .
Haar altyd onthou . . .
Maar " Life Happens "
En mens raak besig . . .
Met jou lewe . . .
Met jou man . . .
Met jou kids . . .
Jou werk . . .
en dan op 'n dag
Besef jy sy's weg . . .
Hoe het dit dan gebeur ?
Dan kom ons Hemelse Vader en Hy vat jou . . .
Hy wys jou waar sy is . . .
My kind kyk in die spieƫl . . .
Kyk mooi . . .
Sy is daar . . .
Jy moet net soek . . .
Sy is nogsteeds daar
binne jou . . .
Jou VROUWEES . . .
Meisiekind van God
Ons is so besig om van die lewe 'n tuiste te wil maak en om die kids groot te maak en om
Supervrou te probeer wees . . .
Dat ons vergeet het om "VROU" te wees . . .
wat God besluit het ons moet wees . . .
Die sierraad van Sy skepping . . .
As jy as vrou voel jy is nie meer so mooi /sexy of vroulik soos altyd nie . . .
As jy dink jou man sien jou nie meer raak nie . . .
Daar is hoop . . .
Jy kan weer die Girl wees
Waarop jou man verlief geraak het . . .
Jou man sal weer drome droom oor jou . . .
Jy sal sy Darling en weer Koningin van sy lewe wees . . .
As jy single is : Vriendin maak jou gereed want God is nou besig om die mooiste liefdes storie
Vir jou te skryf . . .
En hoe weet ek al die dinge . . .??
Want ek is besig om die pad te loop . . .
En op 'n dag het God my gevat, omgedop en my weer myself my beste vriendin  begin maak . . .
Wat vol komplimente is en nie net vol selfafbreking en selfkastydings nie . .   Ek begin weer na al die jare myself word. . . .
Die vrou wie God besluit het ek moet en gaan wees . . .
Ek is God se kaalvoet meisiekind . . .

My verjaarsdag ...

Wednesday, July 18, 2012

My Verjaarsdag !

Ek kannie glo dat 1 mens soveel boodskappe op 1 dag kan ontvang en so gebless kan wees met goeie vriende, sielsgenote en familie nie. Dankie dankie dankie weereens aan almal met die Grootste Dank gaan aan My Vader wat hierdie dag en my lewe moontlik maak ! Dankie Vader vir hierdie dag met al die mooi dinge en mense wat my lewe rooskleurig maak !!

Soms ....

Friday, June 1, 2012

Soms ...

Soms het jy nodig om tot stilstand te kom, om jou siel te vind.
Soms het jy nodig om te huil, oor dit wat jy verloor het, en
Soms moet jy lag, oor dit wat God vir jou wil gee!
Soms is die gisters vol hartseer, en die mores vol nuwe beloftes.
Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur
om Jou lewe te verryk !!!!!

Vrydag ....

Friday, June 1, 2012

Vrydag ..

Dis maar altyd n jolige dag ! Dis asof mens se biologiese klok so ingestel is dat mens net vroliker en meer ogewonde raak as die dag aanbreek ! Veral as die middag 4 uur aanbreek by die kantoor dan wil ons almal lag en vrolik met haas die gebou verlaat na ons verskeie bestemmings !

Die lewe is n lied as jy hom opreg sing !!

Aiden is lekker siek en nie n oog toegemaak met die kind in my arms nie ! Sjoe dit was n swaar nag !! Hopelik begin die meds vinnig werk en hy is gou gou weer sy ou self ! Mens se hande voel so afgekap as dit by die seer kom wat jou kinders ervaar. Jy kan net soveel doen en niks meer .... maak my hart baie seer !!

Hopelik gaan die naweek n rustige ene wees met Aiden wat beslis nie in sy toestand gaan rugby speel nie, arme kind !

Miskien n movie naweek .... mmm kan werk !!

The Girl in the Glass ....

Tuesday, May 29, 2012

The Girl in the Glass ...... (So Waar !!)

When you get what you want
In your struggle for self
And the world makes you queen for the day,
Go to the mirror and look at yourself -
And see what that girl has to say !

For it isnt your father
or Mother or Man
Whose Judgdements on you must pass,
The person whose verdict counts most in life
Is the girl staring back in the glass.

She's the one to please
Never mind all te rest,
For she's with you clear to the end.
And you've past your most difficult and dangerous test,
If that girl in the glass is your friend.

You can fool all the world down the pathway of years,
And get pats on the back as you pass-
But, your final reward will be heartaches and tears
If you've cheated that girl in the glass !!!!

I dont wanna miss a thing ....

Monday, May 28, 2012

I dont wanna miss a thing .....

Wow ! What n amazing song ! Areosmith - I dont wanna miss a thing ! Ek love dit ! Dis die ultimate liefdeslied van alle tye ... so eerlik, kosbaar ek is seker elke vrou se ideaal vir n man om te wees ! Soms dink ek dis net n fantasie en ander dae dink ek dis moontlik !

Mens weet nooit wanneer jou droom n realiteit word nie hou net aan glo !

Vanoggend vroeg op met die kinders se stemme wat weergalm in die gang , Devon met baie swaar gemoed van sy bed af opgestaan vanoggend en Aiden maar rustig soos gewoonlik ! Nie veel geslaap en so bietie gespartel met my innige self soos gewoonlik boonop sien ek die kardioloog vandag ! Sjoe, wat n groot woord, n man met soveel kennis wat ek weet my sommer gou gaan opfix, ek het my volle vertroue in hom ! My Skepper sal vir my sorg en ek weet ek is op die regte pad ! Dankie Jesus !!

Liefde ...

Wednesday, May 23, 2012

Liefde ...

Die liefde is lankmoedig, die liefde is vreedsaam, nie selfsugtig, nie haatdraend nie ..... so kan die lys aangaan en aangaan ! Sjoe maar daardie liefde kan mens so baie seer maak ook ! Ek het al baie innerlike wroegings gehad met die onderwerp, baie gewonder waarom mens verander van "Poplap to skroplap en dit in n baie kort tyd ! " Dit wat eens mooi en rooskleurig is skielik dor en uitgedroog ! Dis hartseer as ek sien hoeveel lewens is verwoes en pyn wat soveel lewens vernietig ! Soms staan jy mense aan die dood af en soms is dit mense wat mekaar net nie meer liefhet nie ! Die wereld is omgekeer, hoe wonderlik sou dit net nie wees om virewig saam met een persoon te wees wat jou behandel soos sy Poplap ! Jou kan vertroetel en liefhe tot die laaste asemteug ! Opreg in sy hart sy lewe met jou wil deel sonder twyfel kan opstaan en se "Dis my Vrou daardie en sy is die mooiste in die wye wereld !" Mr. ek is seker daardie vrou gaan vir die res van haar lewe aan jou sy wil wees want jy is een uit n biljoen !!!!!

Hemelvaart ....

Thursday, May 17, 2012

Hemelvaart

Vandag het soveel mooi herhinneringe van Ons Vader wat opgevaar het om aan die regterhand van God Sy stelling in te neem ! Die pyn wat Hy verduur het en dan die hereniging om saam met Sy Vader te Heers verewig en altyd !!!

**********************
Sommige mense het die uitwerking op mens om jou net op te lig en dan net so met jou gesig in die grond in weer terug te gooi aarde toe ! Dis asof hul die laaste greintjie goedheid en guns uit jou leegtap !!! Hulle jou vernietig met een klein stelling of daad !!! Sjoe maar dis bittersoet !

***********************
Vandag is ook Oom Dennis se "hemelvaart" of moet ek se hy het reeds aangemeld by Ons Hemelse Vader en vandag word daar net finaal eer betoon en afskeid geneem ! Alles het goed gegaan en Saterdag oggend net n pyn in die bors gekry en 2 hartaanvalle na mekaar het sy einde op die stukkie aarde gekos ! Sy plekkie hier is verruil met die ewige lewe ! n Lewe saam Ons Vader, Verlosser en Saligmaker ! Ek is seker daar heers groot opgewondenheid want nog n Engel het die poorte van die hemele betree ! Rus in Vrede Devon se Oupa Dennis !! Rus in Vrede !!

Mense en dinge ....

Wednesday, May 23, 2012

Mense en dinge .....

Vandag n nuwe dag vol nuwe dinge en  gedagtes ! Sommige kere dan se mens dinge wat jou of seer maak of jou so bietjie laat dink ! Jou eie lewe laat hersien - dink oor dinge ! Ek se altyd dit maak nie saak wat mense van jou dink nie maar soms raak dit my ook maar as ek hoor wat hul van my se.   Dis snaaks hoe mense jou kan uitjou as die een wat jy nie regtig is nie en dan net kan onverskoning vra en dink dat dit ok is, raai wat ? Daardie woorde los brandmerke op die volgende persoon se hart en daardie merke vat veel langer om gesond te word indien dit wel gesond word !  Ek weet ek vergewe maklik maar met vergeet sukkel ek soms so bietjie ! Ek bid Liewe Vader skenk aan my die krag en genade om die persone wat mens se hart so breek vry te spreek en die dade te vergeet wat hulle so mildelik teen my pleeg ! Dankie Jesus dat ek weet U is aan my kant !                                                                                             

Dinsdag ...

Tuesday, May 8, 2012

Dinsdag !

5 uur Maandag begin met my oefensessie gelukkig vinnig maats gemaak en sommer baie gou in die ding ingekom ! Dis n awesome klompie girls van verskillende ouderdomme wat natuurlik dieselfde eind resultaat wil bereik "Ons wil almal mos goed lyk" Sjoe ma, ek was klaar ! Het gewik en weeg voor ek die pedals kon trap om net by die huis te kom ! Het nie eers kans gesien om gou by die rugby te stop om my baba te sien oefen nie!! Ek was kapoet ! By die huis gekom en in n warm bad gesoak ! Da was nie eers n gedagte van kos nie ! Sommer vroeg vroeg ini bed en lekker gedoe-doe!

Vanoggend maar skrikkerig om op te staan, ek dink spiere is geoefen wat ek nooit eens gedink het bestaan nog nie ! Die belangrikste is ek het oorleef en sien uit na vanmiddag !! Vandag is Hip Hop so ons sal maar sien hoe dit gaan ! Ek het n vriendin Jeneatte wat heel 'cool' lyk en ek dink ons gaan nog groot maats wees !

Vanoggend n koue somder oggend ! Hannetjie kom terug werk toe en ek het haar stiptelik opgetel ! Sy was maar skrikkerig vir die eerste dag maar dis verstaanbaar ! Ek weet alles sal goed wees en sy sal een van die dae voel of sy nog nooit weg was nie !!

Soos die dag nader trek aan die einde raak ek opgewonde ! Kan nie wag vir die volgende oefen sessie nie wil nou net aan die gang kom.

Net vandag besluit : My fokus van nou af is op my gesondheid en welstand ! Die persone wat my goed behandel het defnitief n "reserved" plekkie in my lewe ! Die res gaan soek maar vir jou n ander persoon om hel te gee want Heidi sien nie kans daarvoor nie ! Beslis nie meer van "Poplap" to "Skroplap" nie dinge sal drasties verander ! Ek is nou veel sterker en my gemoed is op die regte plek !! Ek wil n groot sukses maak van my toekoms so daar sal veranderinge kom in alle gebiede van my lewe !!! Persoonlik, Geestelik en Besigheid !!!!


Maandag ....

Sunday, May 6, 2012

Maandag ....

Dis Maandag ! Ek draai nou al die heel oggend nie seker waar om te begin en wat om te vertel vanoggend nie !

Ek sal begin by Saterdag - skole rugby ! Ai ons ouers raak so opgewerk en die arme kinders is nou eers 7 jaar oud ! Wat gaan gebeur as daardie manne geharde rugby gaan speel op latere jare van hul lewens - ek dink nie my hart gaan dit hou nie ! Sjoe dis soms bietjie rof op die hartsnare en stembande !
Gelukkig het Aiden sy Ma verras met n drie !

Saterdagaand was die sang aand met Willie Botha, wat kan ek se die man is n lewendige simbool van God se Liefde, Vrede en Genade ! Dis ongelooflik hoe sy woorde en musiek mens se lewe so kan aanraak ! Ons almal was in vervoering met die musiek dis asof hy met my praat ! Ek glo God gebruik mense soos Willie om die pad vir ons aan te wys, die reis makliker en positiewer te maak en so ook om vir ons te wys waar ons droogmaak ! Soos Willie gese het "Daar is nog tyd om reg te maak - Pour Your Spirit out on Me !!!

Lirieke ....

Monday, May 21, 2012

Lirieke !

Ek is n dromer en denker en dink heeldag, luister musiek wat my oor vang en op my hart gaan le - inspirasie !

Soos die volgende liedjie van Riana -

- Is daar net een vir jou ? En is daar net een vir my ?
- Is daar net een ware liefde wat vir altyd sal bly ?

- Soos die son, wat nooit sal ophou skyn, nooit nie sal verdwyn nie - Is My Liefde net vir Jou !

Dis so mooi om te kan droom, te kan weet dat dit n werklikheid kan wees, kan weet dat dit vir almal bedoel is om gelukkig te wees en te voel soos hierdie woorde geskryf staan hierbo !

Ek weet ook dat mense in jou lewe is vir n rede, n seisoen, n leeftyd en of vir ewig !! Ek kan paar name koppel aan die verskeie redes in my lewe !!

Maandag ...

Sunday, May 6, 2012

Maandag ....

Dis Maandag ! Ek draai nou al die heel oggend nie seker waar om te begin en wat om te vertel vanoggend nie !

Ek sal begin by Saterdag - skole rugby ! Ai ons ouers raak so opgewerk en die arme kinders is nou eers 7 jaar oud ! Wat gaan gebeur as daardie manne geharde rugby gaan speel op latere jare van hul lewens - ek dink nie my hart gaan dit hou nie ! Sjoe dis soms bietjie rof op die hartsnare en stembande !
Gelukkig het Aiden sy Ma verras met n drie !

Saterdagaand was die sang aand met Willie Botha, wat kan ek se die man is n lewendige simbool van God se Liefde, Vrede en Genade ! Dis ongelooflik hoe sy woorde en musiek mens se lewe so kan aanraak ! Ons almal was in vervoering met die musiek dis asof hy met my praat ! Ek glo God gebruik mense soos Willie om die pad vir ons aan te wys, die reis makliker en positiewer te maak en so ook om vir ons te wys waar ons droogmaak ! Soos Willie gese het "Daar is nog tyd om reg te maak - Pour Your Spirit out on Me !!!

Realities ....

Thursday, May 3, 2012

Realisties ....

Soms moet mens dinge net laat gebeur.  Is dit nie die moeilikste nie?

Jinne maar dis tog te lekker die adrenalien bars deur jou are en jy borrel van vreugde!  Jy waag dinge wat jy nooit gedink het op jou horison sal opduik nie.

Dan begin die ongemak waardeur jy worstel tot op daai punt waar jy opgewonde raak en jy ewe skielik onthou hoekom jy iets in die eerste plek wou doen.

 Ek is deesdae 'n al hoe groter aanhanger van selfdissipline en mense wat goed gedoen kry.  Nie omdat ek dit noodwendig aldag heeldag regkry nie, maar omdat ek sien wat die waarde daarvan is.

SOmmige dinge moet jy net doen om te ervaar waaroor dit gaan en anders gaan jy altyd wonder !!

"In the End, what we regret most are the chances we never took!!"

Vrydag ...

Thursday, May 3, 2012

Vrydag .....

Vanoggend oppad werk toe maal hierdie gedagtes weer soos gewoonlik ! Ai, dis asof ek aan teveel dinge dink op een slag.

Ek het al baie gesit en wonder waarom wil ek altyd anders wees, lyk en dink? Dis snaaks as die rede sommer net so op jou lippe kom en jy weet vanoggend sit ek nie alleen en wonder maar God is in die gesprek en Hy beantwoord hierdie vraag vir my !

Dis so natuurlik dat ek wil anders lyk dat ek my hare elke 2de week anders kleur of verskillende kleure insit en huidiglik weer pers ! My gunsteling kleur !!

So paar jaar gelede het my passie hiervoor groter geword - die tyd toe my kind Devon na n skool moes gaan vir kinders met 'n fisiese en geestelike gestremtheid! My kind het disleksie en n leer probleem deur n ongelukkie wat hy gehad het op sy 5de verjaarsdag ! Genade tog, so broos, my hare rys nogsteeds en my oe skiet vol trane want ek het hom amper verloor of dis hoe dit voel! Dis dalk trane  van vreugde omrede hy nog hier is, hy gespaar is en veilig is, weet nie maar dit maak steeds seer ! Hoe kan mens ooit aanvaar dat jou seun n probleem het, hoe kan mens ooit tou opgooi, nie ek nie dit was seker vir my moeiliker om dit te aanvaar as my kind self! Dankie Vader hy is gelukkig daar en dan maak dit mens half beter voel.

Die moeilikste is die feit dat jy sulke nare kinders en mense kry wat n bespotting maak van hierdie kinders wat in werklikheid n probleem het en sommige deur n fratsongeluk wat eens normaal gefunksioneer het (soos my seun) en dan ander wat nie so gelukkig was nie maar van geboorte af met die gestremdheid wroeg. Dan kry jy natuurlik ook die mense wat na hul verwys as "breinlose kinders", weet jy net die gedagte daaraan "Riaan dit maak seer!"

Weet jy ek loop eerder met gekleurde hare wat gelukkig goed lyk in die paastyd want hul kan na my verwys as die paashaas sodat mense na my staar in plaas daarvan om n bespotting van my kind te maak! Hy is n dierbare kind met n groot hart! Rustig en gemaklik met sy lewe, soms frustreerd maar ons werk dan daaraan. Dis nie altyd maanskyn en rose nie maar ek weet God sit niks op jou pad wat jy nie kan dra nie!!!!

Mense gluur jou aan en ek kan my net voorstel wat hulle dink maar dit maak beslis nie saak God het Ons Lief !!! Hy oordeel nooit, Hy wys nooit vinger maar Hy maak altyd sy Hande wyd oop en hou ons styf in Sy Arms VAS!! Wat n gevoel van veiligheid, versekering want ek weet wat in Sy Arms is, geen mens kan seermaak nie !!!!

Rustige aandjie ...

Wednesday, May 2, 2012

Rustige Aandjie

Gisteraand die fliek "The Vow" gekyk en weereens besef dat die liefde oorwin alles ! My hart was skoon seer maar weereens gee dit ons hoop ! Hoop dat alles eendag die moeite werd sal wees ! Die dierbare mannetjie het uitgehou en aangehou en uiteindelik toe sien sy hom raak en maak alles die moeite werd! Die einde was beslis die moeite werd om te sien !!!

Vanoggend bietjie met n ou vriendin gesels ou Channa Bananna van Cougar Town !! Hehehehe My vriendin jy is Awesome ! Gaan groot of stuur hom huistoe !!!

Dis Donderdag en die son is besig om sy kop hier tussen die bome uit te steek en vang my oog so deur die blindings voor die ruit ! My gemoed so  bietjie swaar en my binneste baklei nog so bietjie .... worstel met die keuses wat ons maak! Ek weet mens kry min kanse op geluk in die lewe en ek weet als is nie altyd maanskyn en rose nie maar genade tog wees net eerlik met jouself, se hoe jy voel en wys dit !!!

Goeie leesstof ..

Wednesday, May 2, 2012

Goeie Leesstof

My gunsteling leesstof was nog altyd inspirerende, geestelike boeke, iets wat betekenis vol is en iets wat ek daar kan uitneem om my lewe te verryk of weereens iets om my dankbaar te maak vir dit wat ek het !! Om te besef dat ander net soveel pyn, bitterheid en hartseer op hul reis ervaar !
Op die oomblik is ek besig met Susan Coetzer se "All Bran vir die Siel" en wat n reis .....

Dankie Abba Vader vir ander vroue wat hierdie pad reeds gestap het en n meer positiewe ervaring het om oor te skryf ! Dat hul al die geraamtes kan uitpak en voor U voete neerle!

Dinge ...

Wednesday, May 2, 2012

Dinge .....

So baie dinge maal deur my gedagtes en ek weet nie waar om te begin nie ! Dis soos adrenalien wat deur jou are bars so voel dit hier binne my !  Soms loop my beker oor en sommige kere sukkel ek om die laaste paar druppels daaruit te gaan haal !

Die afgelope 2 maande was ek op n onbekende reis wat my soms laat wonder, bietjie twyfel en ander dae dan dink ek "Ag wat de Hel" 1 dag op n slag en kom ons kyk wat gebeur !

"Heidi, jou lewe kan nie erger as wat dit reeds is nie so "Vat n Kans!"

Ek het ook n ontnugtering gehad wat my seergemaak het en baie trane gekos het in die afgelope paar weke ! Die een persoon wat jy probeer om nooit te oordeel en nooit haar foute te sien nie - sy haal die wind uit jou seile oor n menslike fout wat jy begaan en lank reeds vergeet het ! N Lewe wat nooit kon wees en n lewensmaat wat nooit joune was nie. Die persoon wat jy beskou as n ouer broer en nie n partner for life nie ! Dit kon net nooit gewees het nie, ons wereld het net teveel verskil en ons uitkyk was hemelsbreed ! Dis moes net nooit gewees het nie , nooit nie !!

                     ******************************************

Ieder en elke persoon word in jou lewe gebring vir n rede, dalk n seisoen, of dalk n leeftyd ! Soms net om die pad korter of laste ligter te maak ! Soms is dit om jou aan die nare verlede te herhinner wat soveel pyn en smart saam met hom dra ! Die dinge wat jy anders kon doen en die seer wat soveel minder kon wees !

Miskien dalk om juis al hierdie dinge te herleef en n tweede kans te he om als reg te maak ! Om jou oe oop te maak en met nuwe glinster na dinge en omstadighede te kyk !

Al wat ek weet is daar is altyd Hoop solank jy daarin Glo !
Geloof, Hoop en Liefde is deel van my bestaan en daaraan sal ek vasklou tot die einde !

                *************************************************

Gedagtes.....

Wednesday, May 2, 2012

Gedagtes !


Die Hoogtepunte wat gebeur het die afgelope tyd wat ek met moeite gedink en glad nie geskryf het nie !

*My geestelike lewens reis het soms baie gely onder my pyn, seer en   smart.

*My kinders het gegroei ja - Devon 11 jaar en Aiden 7 jaar ! Hulle sal altyd die hoogste punt in my lewe en hart besit !!!! Ongetwyfeld !!!

*My huwelik het net verder en verder verbygegaan dis amper op die punt wat daar geen ommekeer is nie... dis so naby ek raak met die punte van my vingers daaraan!

*My familie is steeds daar - Oupa nou by "tehuis" en Ouma nog haar ou self - die ouderdom tree ook sterk in en jy kan die hale van die lewe op hul gesigte sien !

*Die 1ste Maart 2012 was nie so goeie dag nie - Kareltjie se begrafnis was droewig en seer ! Ek sit in die kerk vasgevang met soveel seer en wonder terselfde tyd om wie die "Doods Engel" volgende gaan draai..... Sjoe dit is nie baie lekker gedagtes nie maar tog realiteit ! God neem weg en in die proses bring Hy nuwe lewe, nuwe begin en nuwe vriendskappe ! Dis hoe dit gebeur >>>>

*Ons gesin het so bietjie n verdiende vakansie gehou in Hibberdene, die kinders het dit verskriklik baie geniet, ek moet erken dat ek nie veel daarvan geniet het nie maar het gelukkig baie rus gekry! Dis asof n deel van my in JHB agtergebly het die dag wat ons gery het !

*Ek my nuwe tjor gekry en Andre sy trokkie !








My lewensreis ...

Wednesday, May 2, 2012

My Lewens Reis >>>

Ek sit nou al vir lank met die gedagte om "My Storie" te vertel en ek wonder dalk of hierdie nie dalk die gepaste forum gaan wees om dit te doen - maar ons sal maar sien wat dit oplewer  ! 
Baie Dinge gebeur daagliks in ons lewens en dit maak jou seer, verward, onseker en soms bang ! Dis nie altyd maklik om die regte pad te stap en als te doen wat van jou verwag word nie ! IS die vereistes dalk te groot  ? Soms wonder ek of liefde in die sin alleenlik genoeg is ? Al wat ek wel verseker weet is dal niks op jou pad sonder rede geplaas is nie ! Alles en almal het n doel en n rede om hier te wees ! 
Wat my lewensreis gaan oplewer = Geen Idee ! Ek sal seker my gordel styf moet vasmaak en kyk wat gebeur !!!      

N Nuwe Dag ...

Wednesday, May 2, 2012

'n Nuwe Dag ....

Vandag is 'n nuwe dag -
met nuwe opwinding wat wag !

Is elke dag nie maar dieselfde ? As jy hom begin met sielskos en jouself opkikker en goed lyk kan die dag net vreugde en opwinding bring. Wat ek reeds bevind het is as mens positief is sal die uitkoms ook positief wees !

Ja ja ons almal wroeg maar met laste - maar dit is wat die lewe so interressant maak - dis nie hoe jy sit en wag nie maar hoe jy opstaan en die verskil maak !



So neem vandag en maak die verskil !

Ek is terug ...

Vir so lank het ek nie geskryf , uit vervoeling geraak met als en almal om my! Die gejaag, die dinge, die mense en Natuurlik omstandighede ....
 Maar nou is ek terug ! Gereed om te gesels en al die dinge wat raas en pla neer te sit ..... in die proses gaan ek ook ou gedagtes wat ek in die laaste paar jare geskryf het ook hier deel.