Wednesday 15 March 2017

Gedagtes .....

Mammie se verjaarsdag kom ook nader 19 Maart en ek voel dit begin reeds knaag - my gevoel sal altyd wees - " Mommy's sun set whilst it was still day time ..."

Ons het nog soveel tyd nodig gehad om op te vang, ma en dogter te wees.  Lesse te leer, saam te lag, te huil en sommer net nog n Vrydagaand die ou musiek te luister en te dink aan vroer jare se dinge en mense wat ons reis gedeel het....

Dis asof die lewe net aangaan en ons staan nooit bietjie stil en dink aan al die dinge wat ons lewensreis geraak het nie... hoeveel keer doen ons moeite om mense te sien bv. ou vriende ? familie ? Dit gebeur gewoonlik net op begrafnisse en troues - of indien jy natuurlik n uitnodiging kry ..... ek is self skuldig hieraan en naweke maak jy net tyd vir jou gesin aangesien jy maar weeksdae werk en dan net genoeg tyd het om almal te voed in die aande en die nodige agter die rug te kry ...





No comments:

Post a Comment