Monday 12 September 2016

Die finale groet ...

Mammie was Saterdag so gelukkig en opgewonde siende dat ek elke dag vir haar kos gevat het, het ek gevra wat sy die Sondag wou eet.. sy het gese omkrulvleis (shin) die naam wat ek my gunsteling vleis gedoop het as kind, met basmati rys, groente en kool gestoom op die vleis...  ek moes ook skoon nagklere bring siende dat sy geskeduleer was om Maandag oggend vir n volledige skandering sou gaan na Johannesburg hospitaal.

Ons het Sondag teruggegaan hopsitaal toe met die beloofde bordjie omkrulvleis ete en die mooiste sagste dogtertjie pienk nagklere wat ek die oggend in die winkels kon koop ... maar Mammie was baie siek.. sy het bloed uitgebring.. in die uur besoek moes ek 3 maal haar doek ruil  ek het besef sy was baie siek! Sy het nie eers aan my kos geraak nie en wou ook nie die mooi nagklere aantrek nie sy het gese sy wil nie daarop mors nie ...

Met die tyd wat dit gekom het om te groet het sy vir my gese "meid jy moet bid Mammie kan nie meer" hierdie woorde alleen het my bevestiging gegee dat my Mammie gereed was om Ons Skepper te ontmoet! Ek heg haar gesoen en vertel hoe lief ek haar het en dat moet weet God is daar om haar hand styf vas te hou sy moet kalm wees Hy is daar !

Ek is huistoe met die kalmte en wete dat sy nie alleen is nie en ek het op daardie stadium geweet dit was my  laaste groet aan n lewende Mammie .. ek het my broer geskakel om ook asb vir Mammie te gaan sien want sy het hom Donderdag laas gesien.  Ek het gedoen wat Mammie gevra het en heelnag met my Pappa Vader gepraat. Die nag was ek baie wakker en sommer 4 uur opgestaan en gestort. Ek het geweet daardie Maandag gaan my gebed verhoor word. Dit was   kwessie van tyd, God se tyd is nie ons tyd nie maar ek het geweet daardie tyd is naby. Oppad werk toe om 5:45 het hospitaal my geskakel en gese dit gaan nie goed en ek moet maar op bystand wees om hospitaal toe te kom as hul skakel.. een van my gunsteling liedjies "mostertsaad" was op herhaling in die motor en ek het met my Pappa begin praat vir kalmte in my gemoed... ek het my broer en Pa geskakel met selle nuus en almal was op bystand ...

Ek het skaars by werk gestop en eerste koffie gemaak toe hospitaal skakel en se ek moet onmiddelik deurkom.. my broer was gelukkig reeds oppad en pa was in verkeer. Andre sterk oppad vanaf Pretoria ...
By hospitaal aangekom en my broer het my hakskoene op die vloer herken en geskree "heidi kom gou" ek het sy stem gevolg na waar my Mammie in die hoek van die saal geskuif is met gordyne wat toegetrek is... ek het die gordyn oopgetrek en daar gee Mammie haar laaste asemteug .... laaste laaste keer wat daardie longe gevul was met suurstof ...haar stem is nou verewig stil ....

Die suster wat kort op my hakke was het my kans gegee om te groet en gese neem soveel tyd as jy wil.. ek het gevra dat hul die maskers afhaal en haar mooi toemaak en dit was my laaste sien aan die vrou wat aan my lewe geskenk het ... en op njong ouderdom haar lewe verloor het ...

Daarna het reelings gekom en Mammie se diens was die opvolgende Vrydag 4 Julie 2015... te Lighuis Gemeente. . N stampvol kerk soos sy nog altyd wou gehad het was daar om te groet en ons seer te deel... Rus in vrede Mammie dankie weereens vir lewenslesse en die feit dat ek goeie waardes kon leer en identifiseer. Dankie vir die fondasie wat my gevorm het, die empatie, genade en menslikheid wat ek geleer het, die goedhartigheid om altyd te wil help waar ek kan, die liefde wat ek kan gee en bowenal vir die feit dat ek my God ken en vertrou, weet dat Hy lewend is !!

No comments:

Post a Comment