Tuesday 30 August 2016

Dinsdag ...

Tuesday, May 8, 2012

Dinsdag !

5 uur Maandag begin met my oefensessie gelukkig vinnig maats gemaak en sommer baie gou in die ding ingekom ! Dis n awesome klompie girls van verskillende ouderdomme wat natuurlik dieselfde eind resultaat wil bereik "Ons wil almal mos goed lyk" Sjoe ma, ek was klaar ! Het gewik en weeg voor ek die pedals kon trap om net by die huis te kom ! Het nie eers kans gesien om gou by die rugby te stop om my baba te sien oefen nie!! Ek was kapoet ! By die huis gekom en in n warm bad gesoak ! Da was nie eers n gedagte van kos nie ! Sommer vroeg vroeg ini bed en lekker gedoe-doe!

Vanoggend maar skrikkerig om op te staan, ek dink spiere is geoefen wat ek nooit eens gedink het bestaan nog nie ! Die belangrikste is ek het oorleef en sien uit na vanmiddag !! Vandag is Hip Hop so ons sal maar sien hoe dit gaan ! Ek het n vriendin Jeneatte wat heel 'cool' lyk en ek dink ons gaan nog groot maats wees !

Vanoggend n koue somder oggend ! Hannetjie kom terug werk toe en ek het haar stiptelik opgetel ! Sy was maar skrikkerig vir die eerste dag maar dis verstaanbaar ! Ek weet alles sal goed wees en sy sal een van die dae voel of sy nog nooit weg was nie !!

Soos die dag nader trek aan die einde raak ek opgewonde ! Kan nie wag vir die volgende oefen sessie nie wil nou net aan die gang kom.

Net vandag besluit : My fokus van nou af is op my gesondheid en welstand ! Die persone wat my goed behandel het defnitief n "reserved" plekkie in my lewe ! Die res gaan soek maar vir jou n ander persoon om hel te gee want Heidi sien nie kans daarvoor nie ! Beslis nie meer van "Poplap" to "Skroplap" nie dinge sal drasties verander ! Ek is nou veel sterker en my gemoed is op die regte plek !! Ek wil n groot sukses maak van my toekoms so daar sal veranderinge kom in alle gebiede van my lewe !!! Persoonlik, Geestelik en Besigheid !!!!


No comments:

Post a Comment