Tuesday 30 August 2016

Vrydag ...

Thursday, May 3, 2012

Vrydag .....

Vanoggend oppad werk toe maal hierdie gedagtes weer soos gewoonlik ! Ai, dis asof ek aan teveel dinge dink op een slag.

Ek het al baie gesit en wonder waarom wil ek altyd anders wees, lyk en dink? Dis snaaks as die rede sommer net so op jou lippe kom en jy weet vanoggend sit ek nie alleen en wonder maar God is in die gesprek en Hy beantwoord hierdie vraag vir my !

Dis so natuurlik dat ek wil anders lyk dat ek my hare elke 2de week anders kleur of verskillende kleure insit en huidiglik weer pers ! My gunsteling kleur !!

So paar jaar gelede het my passie hiervoor groter geword - die tyd toe my kind Devon na n skool moes gaan vir kinders met 'n fisiese en geestelike gestremtheid! My kind het disleksie en n leer probleem deur n ongelukkie wat hy gehad het op sy 5de verjaarsdag ! Genade tog, so broos, my hare rys nogsteeds en my oe skiet vol trane want ek het hom amper verloor of dis hoe dit voel! Dis dalk trane  van vreugde omrede hy nog hier is, hy gespaar is en veilig is, weet nie maar dit maak steeds seer ! Hoe kan mens ooit aanvaar dat jou seun n probleem het, hoe kan mens ooit tou opgooi, nie ek nie dit was seker vir my moeiliker om dit te aanvaar as my kind self! Dankie Vader hy is gelukkig daar en dan maak dit mens half beter voel.

Die moeilikste is die feit dat jy sulke nare kinders en mense kry wat n bespotting maak van hierdie kinders wat in werklikheid n probleem het en sommige deur n fratsongeluk wat eens normaal gefunksioneer het (soos my seun) en dan ander wat nie so gelukkig was nie maar van geboorte af met die gestremdheid wroeg. Dan kry jy natuurlik ook die mense wat na hul verwys as "breinlose kinders", weet jy net die gedagte daaraan "Riaan dit maak seer!"

Weet jy ek loop eerder met gekleurde hare wat gelukkig goed lyk in die paastyd want hul kan na my verwys as die paashaas sodat mense na my staar in plaas daarvan om n bespotting van my kind te maak! Hy is n dierbare kind met n groot hart! Rustig en gemaklik met sy lewe, soms frustreerd maar ons werk dan daaraan. Dis nie altyd maanskyn en rose nie maar ek weet God sit niks op jou pad wat jy nie kan dra nie!!!!

Mense gluur jou aan en ek kan my net voorstel wat hulle dink maar dit maak beslis nie saak God het Ons Lief !!! Hy oordeel nooit, Hy wys nooit vinger maar Hy maak altyd sy Hande wyd oop en hou ons styf in Sy Arms VAS!! Wat n gevoel van veiligheid, versekering want ek weet wat in Sy Arms is, geen mens kan seermaak nie !!!!

No comments:

Post a Comment