Tuesday 30 August 2016

Hemelvaart ....

Thursday, May 17, 2012

Hemelvaart

Vandag het soveel mooi herhinneringe van Ons Vader wat opgevaar het om aan die regterhand van God Sy stelling in te neem ! Die pyn wat Hy verduur het en dan die hereniging om saam met Sy Vader te Heers verewig en altyd !!!

**********************
Sommige mense het die uitwerking op mens om jou net op te lig en dan net so met jou gesig in die grond in weer terug te gooi aarde toe ! Dis asof hul die laaste greintjie goedheid en guns uit jou leegtap !!! Hulle jou vernietig met een klein stelling of daad !!! Sjoe maar dis bittersoet !

***********************
Vandag is ook Oom Dennis se "hemelvaart" of moet ek se hy het reeds aangemeld by Ons Hemelse Vader en vandag word daar net finaal eer betoon en afskeid geneem ! Alles het goed gegaan en Saterdag oggend net n pyn in die bors gekry en 2 hartaanvalle na mekaar het sy einde op die stukkie aarde gekos ! Sy plekkie hier is verruil met die ewige lewe ! n Lewe saam Ons Vader, Verlosser en Saligmaker ! Ek is seker daar heers groot opgewondenheid want nog n Engel het die poorte van die hemele betree ! Rus in Vrede Devon se Oupa Dennis !! Rus in Vrede !!

No comments:

Post a Comment