Tuesday 30 August 2016

Gedagtes.....

Wednesday, May 2, 2012

Gedagtes !


Die Hoogtepunte wat gebeur het die afgelope tyd wat ek met moeite gedink en glad nie geskryf het nie !

*My geestelike lewens reis het soms baie gely onder my pyn, seer en   smart.

*My kinders het gegroei ja - Devon 11 jaar en Aiden 7 jaar ! Hulle sal altyd die hoogste punt in my lewe en hart besit !!!! Ongetwyfeld !!!

*My huwelik het net verder en verder verbygegaan dis amper op die punt wat daar geen ommekeer is nie... dis so naby ek raak met die punte van my vingers daaraan!

*My familie is steeds daar - Oupa nou by "tehuis" en Ouma nog haar ou self - die ouderdom tree ook sterk in en jy kan die hale van die lewe op hul gesigte sien !

*Die 1ste Maart 2012 was nie so goeie dag nie - Kareltjie se begrafnis was droewig en seer ! Ek sit in die kerk vasgevang met soveel seer en wonder terselfde tyd om wie die "Doods Engel" volgende gaan draai..... Sjoe dit is nie baie lekker gedagtes nie maar tog realiteit ! God neem weg en in die proses bring Hy nuwe lewe, nuwe begin en nuwe vriendskappe ! Dis hoe dit gebeur >>>>

*Ons gesin het so bietjie n verdiende vakansie gehou in Hibberdene, die kinders het dit verskriklik baie geniet, ek moet erken dat ek nie veel daarvan geniet het nie maar het gelukkig baie rus gekry! Dis asof n deel van my in JHB agtergebly het die dag wat ons gery het !

*Ek my nuwe tjor gekry en Andre sy trokkie !








No comments:

Post a Comment